Back
Explore every episode of the podcast Wiele2Wiele
Dive into the complete episode list for Wiele2Wiele. Each episode is cataloged with detailed descriptions, making it easy to find and explore specific topics. Keep track of all episodes from your favorite podcast and never miss a moment of insightful content.
| Title | Pub. Date | Duration | |
|---|---|---|---|
| Wiele2Wiele: Nuwe P300-bakkie onder die loep | 07 Mar 2025 | 00:25:45 | |
In hierdie episode van Wiele2Wiele besoek hulle die BMW-aanleg in Rosslyn buite Pretoria om te sien waar die nuwe vierde generasie BMW X3 gebou word. GWM het sy nuwe P300-bakkie bekend gestel en daar is ’n waardevolle wenk oor motorwaarde. Die ‘Kerk, Karre & Koffie’-geleentheid kom ook onder die loep en vir 2Wiele word daar onder meer oor die eerste MotoGP-ren gesels. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele maak kennis met MG se Cyberster | 27 Feb 2025 | 00:25:31 | |
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode maak hulle kennis met MG se pragtige Cyberster. Met sy skêr-deure en 0-100 km/h in net 3,2 sekondes, is dit meer as net 'n sportmotor – dit is 'n belewenis! Wat bepaal die waarde van jou motor? Mariantha van get\Worth gaan vir jou die antwoord gee. Daarna gesels die span oor ‘Kerk, karre en koffie’. Dit was ook die eerste rondte van die MRSSA-renne en hulle vertel jou alles daarvan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Jac T9-bakkie | 20 Feb 2025 | 00:26:09 | |
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe driedeur-Mini Cooper, ervaar die Chinese JAC T9-bakkie en leer meer oor waardevermindering saam met get\Worth. Hulle raak ook nostalgies oor motortegnologie met ’n 1973 VW Beetle. Vir 2Wiele gesels hulle oor Martin Camp wat gaan deelneem aan die SA Safari Rally op ’n Kove-motorfiets, en ook oor MotoGP en WorldSBK. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met BMW M760e | 13 Feb 2025 | 00:25:29 | |
Wiele2Wiele het ’n draai by die Volkswagen Indaba gaan maak en raak opgewonde oor alles wat op pad is - selfs Italiaanse wiele! Hulle gaan ry in luuksheid met ’n ‘spa’ op wiele - BMW se M760e. Daar is waardevolle tweedehandse motorwaarde-wenke en die Motorcycle Racing Series South Africa (MRSSA) gaan amptelik afskop met die Suzuki 8R Cup wat bekostigbare motorfietsrenne moontlik maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele gesels oor MG se nuwe SA hoofstuk | 06 Feb 2025 | 00:25:38 | |
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is ’n luukse bakkie met ’n klomp tierlantyntjies en get\Worth bring vir jou ’n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel oor die MotoGP-seisoen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry opgeknapte Corolla Cross | 30 Jan 2025 | 00:25:37 | |
Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut’ en ‘opgegradeer’ in die week se tegniese wenk. Laastens gesels hulle oor die ikoniese Suzuki TL 1000 S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| 'Wiele2Wiele' draai by die Haval H7 en Dakar-veldtydren | 24 Jan 2025 | 00:24:39 | |
Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en die podiumresultate van ons trotse Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika-renspan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux | 20 Jan 2025 | 00:25:33 | |
In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele gesels MG en Dakar | 10 Jan 2025 | 00:26:02 | |
Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Land Rover se Defender 90 D300 onder die loep | 12 Dec 2024 | 00:26:26 | |
In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat get\Worth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou praktiese voorbeelde gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-XC90 | 05 Dec 2024 | 00:24:39 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met Volvo se luukse XC90 T8 Recharge sportnuts, spandeer tyd in Ford se Territory en geniet Suzuki se uitstekende nuwe Swift-buksie. Daar is handige raad vir die langpad en ’n Honda-motorfiets vir enige smaak en begroting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met nuwe Triton-bakkie en opgeknapte Creta | 28 Nov 2024 | 00:25:26 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele deel Renault Suid-Afrika opwindende nuus, die splinternuwe Mitsubishi Triton maak sy verskyning en Hyundai het hul gewilde Creta opgeknap. Jy sal moet spring vir get\Worth se "Crazy Deals" van November! Honda Tygerberg hou ’n opedag vir motorfietsentoesiaste, en die manne gesels oor ’n monster van ’n ysterperd. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele toetsbestuur Monster-Merc | 22 Nov 2024 | 00:26:44 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - ’n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en ’n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van get\Worth pak ’n prettige karspeletjie aan en Clinton bring vir jou ’n opsomming van die 2024 MotoGP-kampioenskap. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Omoda C9 en nuwe Swift | 14 Nov 2024 | 00:26:22 | |
In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op ’n klomp brandende vrae. Daar is ook ’n lusmaker vir 2Wiele met die kragtige Yamaha MT-01 met sy 1670cc-enjin. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Chinese Jetour X70 Plus | 08 Nov 2024 | 00:25:34 | |
In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle. get\Worth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou jou ook op hoogte van die jongste motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Tourneo-bus en Jaguar se I-Pace | 31 Oct 2024 | 00:24:40 | |
In hierdie episode spandeer Wiele2Wiele tyd met die nuwe Ford Tourneo-bussie en ook die Jaguar I-PACE. Hulle gesels dan met Donovan Parker, die aankoopspesialis by get/Worth, oor hoe hulle kwaliteit beloon. Vir 2Wiele gaan dit alles oor die opwindende 2024 WorldSBK-seisoen en wie as kampioene bekroon is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry Merc se ingenieurswonder | 24 Oct 2024 | 00:24:35 | |
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode ry hulle met die ingenieurswonder - die Mercedes-AMG C63S E Performance wat 500 kW en 1 020 Nm bied. Omoda stel sy luukse C9-sportnuts bekend en get\Worth wil hul pakhuis volmaak en sal kwaliteit beloon. Hulle vertel jou alles oor turbo-tegnologie en daar is ’n nuwe nasionale 'Suzuki GSX-8R Cup' motorfiets-renklas vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Langpad met Isuzu D-Max; nuwe model vir Mahindra | 17 Oct 2024 | 00:25:03 | |
In hierdie episode vat Carl en sy seuns die langpad met die Isuzu D-Max 3.0L Ddi 4x4 LSE om ’n verskil in Lesotho te gaan maak. Mahindra stel sy nuwe XUV 3X0 bekend - ’n kompakte sportnuts teen ’n sakpasprys. get\Worth beloon kwaliteit en kan die regte waarde van jou motor bepaal. Daarna gesels Clinton met Tom en Lauren, wat op hulle Honda CG125-motorfietse, al die pad van Londen, deur Wes-Afrika, na Kaapstad gereis het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Duinepret en heuwel-aksie | 11 Oct 2024 | 00:25:39 | |
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode gaan speel Carl en Jeanette in die Atlantis-duine met die Toyota Hilux GR Sport III tydens vanjaar se Atlantis 4x4-pretdag. Daar was ook aksie by die Zwartkops-renbaan met die 'Top of the Hill'-uitdaging en Brendon Staniforth was daar saam met Volkswagen Motorsport SA vir die Volkswagen Rookie Cup Shootout. Clinton Pienaar is ook terug in die ateljee en vertel jou alles van die eerste 'Project-X' navigasie-uitdaging, wat in die Richtersveld plaasgevind het en wie daar koning gekraai het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Hyundai Exter | 04 Oct 2024 | 00:24:53 | |
Wiele2Wiele het met Hyundai se nuweling, die Exter, gaan ry - ’n kompakte sportnuts vir minder as R270 000. Hulle ry ook in weelde met Mercedes-Benz se EQE 350+. Daar is ‘Crazy Deals’ by get\Worth vir Oktober, hulle gee raad oor die belangrikheid van ’n padvaardigheidsertifikaat voor jy jou motor verkoop en gesels oor die MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Drie Chinese modelle onder die loep | 26 Sep 2024 | 00:25:26 | |
In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van get\Worth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke V-twin motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus | 20 Sep 2024 | 00:26:00 | |
In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar, daar is ’n tegniese wenk oor diensplanne en met die BMW GS Trophy wat tans aan die gang is in Namibië, vertel hulle jou meer van die BMW R 1300 GS Enduro Package-avontuurmotorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan | 12 Sep 2024 | 00:25:26 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove 450 Rally. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele vat langpad met Mini Countryman S | 06 Sep 2024 | 00:26:57 | |
In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met opgeknapte Polo Vivo | 29 Aug 2024 | 00:25:57 | |
In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Suid-Afrikaanse liefling - die VW Polo Vivo. Hulle ervaar ook ‘n paar eerstes by Toyota se ‘Women in Auto’-geleentheid - die brandstofsel- elektriese Toyota Mirai en hul battery- elektriese BZ4X. Suzuki SA vat hande met FleetMax Africa om ’n spesiale padveilligheidskurrikulum, genaamd DriveSMART, te ontwikkel. Daar is ʼn verduideliking van nuwe-energie-voertuie en hulle gesels oor die BMW F 900 GS Adventure-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500 | 22 Aug 2024 | 00:25:58 | |
In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met ’n reus van ’n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper ’n ampsmotor kan wees. Daar is nog ’n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik flikkers. Daar is ’n motorwaardewenk oor hoe om die regte keuse te maak wanneer jy ’n tweedehandse motor koop en hulle gesels met Daniël Pienaar oor ‘These Sweet Times’ vir ysterperd-herhinneringe. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Drie Kia’s onder die loep | 15 Aug 2024 | 00:24:14 | |
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie van die bestes - die Kia Picanto, Kia Sonet en Kia Seltos. Vir die wenk van die week is daar paneelklopper-raad en Clinton Pienaar gesels met Rika de Bruyn oor die ysterperd-avonture waarop Dual Bike Adventures jou kan vat. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-hibried | 08 Aug 2024 | 00:25:00 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar ʼn traan gepink oor Jaguar se swanesang vir sy fantastiese binnebrandenjins en hulle spandeer ook tyd met die Volvo XC60 T8 Recharge Ultimate, ’n inprop-hibried. Dit is Vrouemaand en hulle gesels met get\Worth oor sy betrokkenheid by GRIT (Gender Rights in Tech) en ook met Arnold Oliver van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors). Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Nuwe Starlet Cross bekendgestel | 01 Aug 2024 | 00:26:32 | |
Wiele2Wiele was by die bekendstelling van Toyota se nuwe Starlet Cross. Hulle ook die langpad gevat met die GWM Tank 300 en met die Chery Tiggo 4 Pro DCT rondgerits. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n tegniese wenk en hulle gesels oor die ’Suzuki Rider Safety’-opleidingsdag en die '2024 Suzuki Weekend Away'. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met nuwe C3, BAIC B40 Plus | 25 Jul 2024 | 00:25:45 | |
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Citroen C3 Aircross – ʼn sewesitplek sportnuts vir slegs R354 900. Hulle ervaar ook die nuwe BAIC B40 Plus. Daar is ’n motorwaardewenk, raad vir wanneer jy ’n paneelklopper nodig het en hulle gesels met Gerrit du Toit van Mira (Motorsport International Riding Apparel) wat wêreldwyd naam maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met nuwe Prado | 18 Jul 2024 | 00:25:35 | |
Wiele2Wiele is al die pad Mosambiek toe om Toyota se nuwe vyfde generasie Land Cruiser Prado onder hande te kry en hulle was werklik beïndruk. Hulle spandeer ook tyd met die Opel Corsa, wat ’n ryk geskiedenis het van oor die 40 jaar. Volkswagen het ook sy ID.4-sportnuts aan die media bekendgestel. Daar is ’n motorwaardewenk, ’n geleentheid wat hulde gaan bring aan Denis Joubert en Suzuki stel twee nuwe 800cc-motorfietse bekend. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met opgeknapte i20 | 11 Jul 2024 | 00:27:10 | |
Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met die opgeknapte en gewilde Hyundai i20. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Land Cruiser 76. Daar is ’n motorwaardewenk en hulle gesels oor twee tipes outomatiese ratkaste. Clinton Pienaar gesels met Taye Perry wat haar visier op die 2025 Dakar ingestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux | 05 Jul 2024 | 00:25:57 | |
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se nuwe Hilux 48V hibriede bakkie en hulle vat ook die langpad Tankwa toe met die Ford Ranger Platinum. Daar is ’n waardevolle motorwaardewenk en Clinton Pienaar gesels met Hennie Smit en Jackie Anderson van die ‘Overberg and Other Adventure Rides’ Facebook-groep, oor hulle avontuur-ritte. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Merc se E-klas, CLE-koepee onder loep | 28 Jun 2024 | 00:26:48 | |
Wiele2Wiele vertel jou meer van Mercedes-Benz se bekendstelling van sy E-klas luukse sedan en CLE-koepee. GWM se nuwe Haval Jolion PRO het in Suid-Afrika aangekom. Die span gesels ook oor outomatiese ratkaste en Clinton Pienaar gesels met AJ Venter, wat die Suid-Afrikaanse vlag omhoog gehou het by die 2024 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met nuwe Kia Sonet | 20 Jun 2024 | 00:25:28 | |
Wiele2Wiele het met die opgeknapte Kia Sonet, wat soos ’n paal bo water uitstaan in hierdie marksegment, gaan ry. Hulle het ook tyd met die BMW X2 sDrive 18i M Sport deurgebring. Daar is 'n motorwaardewenk, wenke oor motorfietsbande en hulle maak jou lus vir ’n ‘Ilse of Man TT’-toer vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor | 13 Jun 2024 | 00:25:08 | |
Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span nostalgies met die bekendstelling van Mini se nuwe Countryman-reeks en hulle spandeer tyd met die Ford Ranger Tremor, wat op die 4x4-entoesias gemik is. Daar is weer ’n motorwaardewenk en Clinton Pienaar kuier in die ateljee vir al die 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’ | 06 Jun 2024 | 00:26:07 | |
Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero Carbon Charge wat ’n oplossing het vir elektriese-laaistasies in Suid-Afrika, en daar is motorfietsraad. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport | 31 May 2024 | 00:25:27 | |
Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span gesels oor afleweringsmotorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria | 23 May 2024 | 00:23:53 | |
Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc | 16 May 2024 | 00:25:30 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie | 09 May 2024 | 00:26:30 | |
In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto | 02 May 2024 | 00:26:37 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n voorskou vir dié motorsport-geleentheid van die jaar - die heuwelren op Simona in Knysna. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel | 25 Apr 2024 | 00:26:33 | |
Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste rondte van die ‘SA Rally-Raid Championship’ (SA Veldren -kampioenskap) en die nuwe NWM Ford Ranger ‘Ultimate’-bakkie word bekendgestel. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7 | 18 Apr 2024 | 00:24:31 | |
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend | 11 Apr 2024 | 00:25:55 | |
Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met mu-X | 04 Apr 2024 | 00:25:39 | |
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’ | 02 Apr 2024 | 00:24:30 | |
Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc | 21 Mar 2024 | 00:25:34 | |
Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig te hou op hul veldmotorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx | 14 Mar 2024 | 00:26:17 | |
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir 2024. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
| Wiele2Wiele gesels oor BMW, Audi se vuurwaens | 08 Mar 2024 | 00:25:32 | |
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor BMW se nuwe 5-reeks sedan, wat die BMW i5 M60 xDrive en BMW 520d insluit, en Audi se RS6 Avant Performance! Daar is ook ’n eerste vir Wiele2Wiele - ’n radiodrama oor Miniette en Golfvaas wat vir ’n koffie-afspraak gegaan het. Die span gesels ook oor die 'Kerk, Karre & Koffie' mini-motorskou en alles wat daar te siene was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media | |||
© My Podcast Data · Independent project · Data from Apple & Spotify