Back
Explore every episode of the podcast Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal
Dive into the complete episode list for Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal. Each episode is cataloged with detailed descriptions, making it easy to find and explore specific topics. Keep track of all episodes from your favorite podcast and never miss a moment of insightful content.
| Title | Pub. Date | Duration | |
|---|---|---|---|
| Strandloper 2 – Episode 12 | 04 Mar 2025 | 00:09:52 | |
Dis duidelik Dylan steek dinge weg vir Bobbi toe sy hom in die hospitaal besoek. Bobbi het nuus vir Dylan oor veranderinge in haar lewe wat ook sy lewe gaan raak. Sy raas met hom oor sy vriende, en haar besoek eindig glad nie goed nie. | |||
| Strandloper 2 – Episode 11 | 03 Mar 2025 | 00:11:20 | |
ʼn Heerlike middag op die strand vir Nicolien en Mauritz word deur ʼn onwelkome gas onderbreek. Nicolien moet haar soektog na haar biologiese pa verskerp om sy mediese rekords te kry. Visstok werf mense vir ʼn baie belangrike vergadering. | |||
| Strandloper 2 – Episode 10 | 28 Feb 2025 | 00:11:36 | |
Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing toe Bobbi met ʼn groot rugsak by die losieshuis opdaag. Dit maak seer herinneringe wakker, maar dit troos ook. Mauritz kry kosbare raad by Tannie Ouvrou, want hy’s in ʼn moeilike situasie. | |||
| Strandloper 2 – Episode 9 | 27 Feb 2025 | 00:12:12 | |
Visstok en Engela is besig om haar nuwe tuin reg te ruk. Hulle ontdek ʼn vergete kabouterstandbeeldjie in die motorhuis, maar hulle planne daarmee word deur Betta kortgeknip. | |||
| Strandloper 2 – Episode 8 | 26 Feb 2025 | 00:11:02 | |
Nicolien en Mauritz se liefde blom op die strand. Mauritz vertel van sy groot planne, maar sluit dit Nicolien in? Willie praat sy mond verby, en dit bring spanning tussen die jong verliefdes. | |||
| Strandloper 2 – Episode 7 | 25 Feb 2025 | 00:10:25 | |
Tannie Ouvrou en Nicolien besoek Dylan in die hospitaal, maar hoe is dit dan dat hy meer weet wat in Bloubaai aangaan as hulle? Die suster deel haar kommer oor ʼn onbekende geheimsinnige besoeker aan Dylan. | |||
| Strandloper 2 – Episode 6 | 24 Feb 2025 | 00:11:31 | |
Engela word deur almal gelukgewens met ʼn nuwe pos by Die Seekat, maar sy weet niks daarvan nie. Sit Jack agter alles? Willie en Engela se verhouding bereik ʼn laagtepunt. En daar’s vuurwarm nuus vir Bloubaai oor die Afrikaans 100-kompetisie. | |||
| Strandloper 2 – Episode 5 | 21 Feb 2025 | 00:11:03 | |
Oom Fred is steeds op een van sy onbekende missies in die Kaap. Tannie Ouvrou en Mauritz neem weer die gebeure van die skietery by Bobbi se troue in oënskou. Mauritz vertel haar van verdagte persone en ʼn motor wat albei onrustig maak. | |||
| Strandloper 2 – Episode 4 | 20 Feb 2025 | 00:11:51 | |
Bobbi besoek Dylan in die hospitaal waar sy slegte nuus aan hom moet oordra. Dylan neem die hospitaal om al die verkeerde redes op horings. Bobbi is verras om Willie in die hospitaal se kafeteria te sien … Hy is inderhaas daarheen ontbied. | |||
| Strandloper 2 – Episode 3 | 19 Feb 2025 | 00:10:51 | |
Mauritz kry ʼn groot verrassing. Willie ontbied vir Nicolien en Mauritz na die strand waar hulle iets sien wat nog nooit op Bloubaai gesien is nie en wat sosiale media aan die gons het. | |||
| Strandloper 2 – Episode 2 | 18 Feb 2025 | 00:10:17 | |
Engela hoor skokkende nuus by Tannie Ouvrou oor Visstok se ma, en dit gaan haar besluit oor Visstok se verloofring beïnvloed. Bobbi wil nie aanvaar dat Bloubaai nie onder die wendorpe vir die Afrikaans 100-fees is nie. Hoe gaan Dylan die slegte nuus oor die fees verwerk? | |||
| Strandloper 2 – Episode 1 | 17 Feb 2025 | 00:12:16 | |
Met Nicolien se terugkeer na Bloubaai kry sy ʼn getraumatiseerde Dylan in die hospitaal. Wie sit agter die skietvoorval waarin hy ernstig gewond is? Het dit iets met sy vriend Godfrey te doen wat ná ʼn mislukte perlemoenduik dood is? Nicolien en Willie is met rede bekommerd oor Dylan se situasie. | |||
© My Podcast Data · Independent project · Data from Apple & Spotify