Op 27 Januarie 2015, word die stilte op die luukse De Zalze-landgoed buite Stellenbosch deur ’n ontdekking verbreek.
Martin van Breda. Teresa van Breda. Rudi van Breda.
Drie lede van dieselfde gesin is met ’n byl vermoor.
Marli, net sestien jaar oud, oorleef met ernstige beserings.
En dan kom die verhaal:
’n Gemaskerde indringer. Donker klere. ’n Aanval in die middel van die nag.
Maar iets klop nie.
Geen oortuigende teken van ’n inbraak nie. Geen duidelike spoor van ’n vreemdeling nie. En byna drie ure verloop voordat hulp uiteindelik ontbied word.
Hoe meer ondersoekers na die bloed, die wonde, die oproepe en die tydlyn kyk... hoe meer begin die huis self ’n ander storie vertel.
’n Storie van ’n gesin wat veronderstel was om veilig te wees. ’n Storie sonder ’n eenvoudige motief. En ’n waarheid wat baie nader was as wat enigiemand aanvanklik wou glo.
Welkom terug by, Slaapstories vir Grootmense, jou weeklikse potgooi van Afrikaanse stories en vertellings wat jou saans sus tot in droomland.
Nuwe Oom Eldee episode elke Donderdag, gelees deur Lourens Joubert. Nuwe Onder die Lamplig episodes elke eerste en derde Sondag, 'n ander lekker storie elke tweede Sondag, en 'n Nuwe Avonture van Mavis Ferreira en Lodewikus die Brak elke laaste Sondag, almal gelees deur Madelein Wessels.
Laat ons weet wat jy dink van die episode, of hoe ons jou beter aan die slaap kan maak by enige van ons Sosiale Media platvorms:
Linktr.ee • Patreon • Instagram • Facebook • YouTube
As jy graag die potgooi wil ondersteun met 'n donasie: Buy Me A Coffee
As jy nie finansieel kan ondersteun nie, ons verstaan, en moenie sleg voel nie, druk die "Share" knoppie en stuur hom vir jou beste pêl, dit help ons net so baie!
Hoop jy geniet die episode.
Lekker slaap.
#Podcast #AfrikaansPodcast #Afrikaans #Expats #AfrikaansPodcats #Fairytales #Fables #SouthAfrica #AdultStories #Slaapstories #Slaapstoriesvirgrootmense #learnafrikaans #SouthAfrican #TrotsAfrikaans #afrikaansisgroot #afrikaansislekker #mytaal #localislekker #OnderDieLamplig #MarietjieKoekemoer #TrueCrime #DetectiveStories #VanBredaMoorde #HenrivanBreda #CorrectionalServices #CapeTown #SouthAfricanTrueCrime