Back
Explore every episode of the podcast Rapport Praat Sport
Dive into the complete episode list for Rapport Praat Sport. Each episode is cataloged with detailed descriptions, making it easy to find and explore specific topics. Keep track of all episodes from your favorite podcast and never miss a moment of insightful content.
| Title | Pub. Date | Duration | |
|---|---|---|---|
| Greatest Rivalry: Ons Speler van die Reeks is... | 16 Sep 2026 | 00:25:21 | |
In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik. Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was. Wie was jou Speler van die Reeks? Laat weet ons by 076 878 1787 of per e-pos na briewe@rapport.co.za. Sport | Rapport | |||
| Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied | 09 Sep 2026 | 00:20:31 | |
In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion! Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker gevoel.En dan, op ’n ander noot, hoeveel maak die Baltimore-toets werklik saak? Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Dave Rennie is slinkser as wat jy dink! | 02 Sep 2026 | 00:17:34 | |
Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n vuurwarm en uiters mededingende Greatest Rivalry-reeks. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’ | 26 Aug 2026 | 00:15:58 | |
Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liewer moes doen. Ons kyk ook vorentoe na Saterdag se tweede toets. Hendrik Cronjé glo as die Bokke een of twee verstellings maak, kan hulle Saterdag in Kaapstad met 15 punte wen. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld! | 19 Aug 2026 | 00:19:06 | |
Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in. Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees? | 12 Aug 2026 | 00:18:35 | |
Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer? Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl | 05 Aug 2026 | 00:31:34 | |
Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl. Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander? Ons verwys ook na die oud-Affies-stut Deon Botes wat vir vier jaar geskors is weens die gebruik van ’n verbode middel. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets? | 29 Jul 2026 | 00:23:22 | |
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus. Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies. * Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers! | 22 Jul 2026 | 00:23:50 | |
Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie. Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel, maar sê dit is nog heeltemal te vroeg om Kolisi af te skryf. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport | |||
| Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken | 15 Jul 2026 | 00:14:39 | |
Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets | 08 Jul 2026 | 00:27:33 | |
In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span skitterend belyn gekry het... en oor hoe dankbaar ons is daar is dié naweek net een Damian in die span, om enige Speler van die Wedstryd-verwarring te vermy. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’ | 01 Jul 2026 | 00:12:42 | |
Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien om steeds ’n bleekbeen te wees”. Hy staan vierkant agter die Bokke. Volgens hom is die Engelse se kapokhaan-flank Henry Pollock ’n uitstekende speler – “hy moet net die sideshows los”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Waar is Iere wat Nienaber gas gee? | 24 Jun 2026 | 00:30:41 | |
Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees. Sport | Rapport | |||
| Ackers: ‘Ek het begin wonder of ek ’n fout gemaak het...’ | 17 Jun 2026 | 00:22:37 | |
Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin. “Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n gat is, begin jy wonder of jy die regte besluit geneem het, want ek kon langer by die Junior Bokke aangebly het. Ek het egter nooit geloof verloor nie,” sê Johan Ackermann, die Bulle se hoofafrigter, op dié week se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Annerie oor T20-WB: ‘Ons droom oor wat kan gebeur’ | 10 Jun 2026 | 00:19:31 | |
Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin. Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou en dan durf hulle droom oor wat dié keer kan gebeur. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Sacha gekrok: Moet Manie of Pollie teen Rose begin? | 03 Jun 2026 | 00:29:47 | |
Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin? Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak. Sport | Rapport | |||
| Jimmy oor SA Beker: ‘Gee vir ons TV-blasers!’ | 27 May 2026 | 00:30:11 | |
Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd. Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’ | 20 May 2026 | 00:19:48 | |
Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’ | 13 May 2026 | 00:27:53 | |
Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende. Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks. Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond. Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “dalk selfs sterker as die Curriebeker”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt | 06 May 2026 | 00:24:48 | |
Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie. Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi. Die Vrystaat moet Vrydagaand wen om hul deelname in vanjaar se Curriebeker-Premierliga te bevestig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor die verreikende gevolge as die Cheetahs nie kwalifiseer nie. Ons gesels ook oor Jan Serfontein se skokuittrede uit rugby, en die Junior Springbokke se segetog in die o. 20-Rugbykampioenskap. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Lappies oor suksevolle Ludeke: ‘Hy lei van voor en het kultuur in Japan geskep’ | 29 Apr 2026 | 00:26:58 | |
Die losvoorspeler Lappies Labuschagné, wat al Japan in toetsrugby aangevoer het, sluit hom vandeesweek by ‘Rapport Praat Sport’ aan om oor sy uittrede en lang loopbaan te gesels. Sport | Rapport | |||
| Francke Horn: ‘Swaar lesse van laas jaar pantser Leeus vir sukses’ | 22 Apr 2026 | 00:21:18 | |
Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen. Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogseisoen te gesels. “Ons groep is nou al ’n hele paar jaar saam en die samehorigheid is goed, ons weet wat elke ander ou op die veld gaan doen. Ons was al saam deur groot laagtepunte verlede jaar en hierdie jaar het ons gesit en besluit wat ons wil bereik. Sover gaan dit goed,” sê Horn. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Francois van Coke: ‘Ek is nou verslaaf aan hardloop’ | 15 Apr 2026 | 00:24:29 | |
Rugby, krieket, boks … die rockster Francois van Coke was nog altyd lief vir sport, maar nou is hardloop een van sy grootste stokperdjies. Van Coke het pas sy tweede Twee Oseane-ultramarathon voltooi, in ’n tyd van 5 uur en 49 minute. Hy sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy hardloop-reis en sy liefde vir sport. Van Coke was in sy o. 13-jaar die WP se Cravenweek-skrumskakel, en het ook vyf jaar gelede die voormalige Springbok-losskakel Derick Hougaard in ’n boksgeveg geklop. “Ek spot altyd dat dit naas my kinders se geboorte die beste dag van my lewe was.” • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Faul: ‘SA20 selfs gewilder as sekere Protea-wedstryde’ | 08 Apr 2026 | 00:32:08 | |
Die week sluit een van die land se beste sportadministrateurs, Jacques Faul, hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die sakekant van sport. Faul, die Titans se uitvoerende hoof, sê daar is deesdae soveel opsies vir sportaanhangers dat sekere reekse en toernooie erg sukkel om aandag te trek. Faul verklap ook dat SA20-wedstryde by SuperSport-park in Januarie beter bygewoon is as die Proteas se T20-kragmeting daar met die Wes-Indiese Eilande. Hy gesels ook oor Krieket Suid-Afrika se nuwe lys van nasionaal gekontrakteerde spelers. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Stellenberg skud 2 reuse: ‘Ons koop nie, ons ontwikkel’ | 01 Apr 2026 | 00:20:36 | |
Die Hoërskool Stellenberg word nie as ’n tradisionele rugbyskool gesien nie, maar het vanjaar reeds twee reuse neergevel: Paarl Gimnasium en Grey Kollege. Dié skool se sporthoof, Andras Molnar, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor hul sukses te gesels. Hy vertel onder meer dat die skool ’n voltydse sportsielkundige in diens het. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’ | 25 Mar 2026 | 00:29:38 | |
Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan. Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het. Sport | Rapport | |||
| JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg? | 18 Mar 2026 | 00:21:22 | |
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon. Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste wedstryd in die Sesnasies-reeks, en die Blitsbokke se sukses in New York. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres? | 11 Mar 2026 | 00:26:40 | |
Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke daaruit neem met die oog op die komende Nasiesbeker-toernooi? Rapport se rugbyskrywers Hendrik Cronjé en Albert Heenop gesels met Marizanne Kok. Sport | Rapport | |||
| Griekwas-afrigter: Ons wil beste SA span buite VRK wees | 04 Mar 2026 | 00:30:52 | |
Pieter Bergh, Griekwas se hoofafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan voor die SA Beker die naweek begin. Sport | Rapport | |||
| Proteas gaan nie ‘choke’ nie | 25 Feb 2026 | 00:26:42 | |
Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie. Sport | Rapport | |||
| Sesnasies-sukses: Italië het geen prima donnas in span, sê Goosen | 18 Feb 2026 | 00:30:40 | |
Marius Goosen, wat jare lank ’n hulpafrigter van Italië se nasionale rugbyspan was, sluit hom vandeesweek uit Japan by Rapport Praat Sport aan. Hy vertel waarom die Azzurri se Sesnasies-sukses nie vir hom so ’n groot verrassing is nie. Sport | Rapport | |||
| Protea-drama: Skare in stadion spring op en af oor foutbal | 11 Feb 2026 | 00:22:13 | |
Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vandeesweek uit Indië by Rapport Praat Sport aan waar hy Suid-Afrika se senutergende T20-Wêreldbeker-sege oor Afganistan regstreeks beleef het. Sport | Rapport | |||
| Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde | 04 Feb 2026 | 00:30:14 | |
Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal. Sport | Rapport | |||
| Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’ | 28 Jan 2026 | 00:27:09 | |
Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak en waarom Handré Pollard nie nét ’n skopmasjien is nie. De Bruin gesels ook oor alles wat hy by sy pa, Swys, geleer het. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’ | 21 Jan 2026 | 00:22:20 | |
In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir ’n toekomstige All Black-rol. Oberholzer gesels ook oor die Greatest Rivalry-reeks wat voorlê, Suid-Afrika se deelname in Europa en talle ander Springbok-onderwerpe. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| 2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê | 10 Dec 2025 | 00:28:22 | |
In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek sekere fokusareas wat uitstaan. Sport | Rapport | |||
| Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd | 03 Dec 2025 | 00:18:02 | |
Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . . Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie. Daarna raak dinge egter rof . . . Dié week in Rapport Praat Sport speel ons die Wêreldbeker op papier. Hendrik Cronjé sê ook Eben Etzebeth is beskikbaar om dié naweek vir die Haaie te speel. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’ | 26 Nov 2025 | 00:31:09 | |
Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld. Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die Springbokke se oorheersing in die rugbywêreld. Delport, voormalige Bok-vleuel en -heelagter, praat oor Suid-Afrika se skrumoorheersing en die toets teen Wallis wat voorlê. Hy woon deesdae in Engeland en tree gereeld op as rugbykommentator in wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’ | 19 Nov 2025 | 00:27:19 | |
Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel. “Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit. Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager, oor Jan-Hendrik Wessels se skorsing en oor die algehele stand van sake in die blaserswêreld. Hy is ook keelvol vir die talle “berade” wat die skeidsregter, sy assistente en die TV-blaser op die veld het wanneer beslissings gemaak word. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’ | 12 Nov 2025 | 00:30:17 | |
Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n paar Italiaanse spelers wat die Bokke Saterdag probleme kan besorg. Hy lug ook sy mening oor Lood de Jager se omstrede rooi kaart . . . • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’ | 05 Nov 2025 | 00:35:11 | |
Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter. Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne. “Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer. Hy is egter besig om innoverende planne te beraam. Meyer gesels ook oor die Bokke se groot toets teen Frankryk Saterdag, en lug sy mening oor Suid-Afrika se losskakel-rykdom. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’ | 29 Oct 2025 | 00:29:52 | |
Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend. Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het. Die Bokke pak Saterdag weer Japan in Engeland. Alberts sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om daaroor te gesels en ook terug te kyk oor sy loopbaan van twee dekades. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Willie honger vir nóg Bok-rugby... | 22 Oct 2025 | 00:29:00 | |
Al is hy in die winter van sy loopbaan, het die Springbok-heelagter Willie le Roux steeds ’n groot honger om vir sy land uit te draf. Sport | Rapport | |||
| Bullet 2.0: ‘Dit vat ’n ware man of vrou om te sê jy’s nie oukei nie’ | 15 Oct 2025 | 00:31:06 | |
Die voormalige Springbok-haker James Dalton praat oor sy boksgeveg teen Ollie le Roux in Bloemfontein, sy nuwe lewe ná drank en waarom hy die bynaam Bullet het. Sport | Rapport | |||
| Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . . | 08 Oct 2025 | 00:34:29 | |
Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het elkeen van ons se topdrielys vir die beste Bok van die reeks gehaal. Kan jy raai wie dit is? • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’ | 01 Oct 2025 | 00:38:07 | |
Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik swak punte nie. Ons het op die oomblik drie van die wêreld se beste losskakels in die groep – laat staan nog net Suid-Afrika,” sê Botha. Hy praat ook oor Libbok se verbeterde stelskopwerk en deel ’n paar staaltjies uit sy speeldae. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue | 24 Sep 2025 | 00:26:29 | |
Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin. As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gesels oor die Curriebeker-eindstryd van die afgelope naweek. Hy deel ook sy mening oor die Springbokke in aanloop tot Saterdag se groot toets teen Argentinië. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’ | 17 Sep 2025 | 00:37:05 | |
Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek nie, die ouens was nie lus nie,” sê dié oudslot. Dit het egter alles verander toe Fabien Galthié as hoofafrigter oorgeneem het. Willemse gesels ook oor sy interessante grootwordjare, sy tyd saam met die Junior Springbok-span wat die Wêreldtoernooi in 2012 gewen het en hoe hy gevoel het tydens die Bokke en die Hane se titaniese kwarteindstryd in 2023. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’ | 10 Sep 2025 | 00:27:55 | |
Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland. “Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet. Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaanse blasers op die grootste verhoog is. Ons bespreek ook die agterlyn wat Rassie Erasmus vir Saterdag se tweede toets in Wellington gekies het. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
| Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’ | 03 Sep 2025 | 00:34:18 | |
Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud “Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe. Hy gesels ook oor die Springbokke se toets teen die All Blacks Saterdag op Eden Park – ’n veld waar hy self 12 jaar gelede teen Nieu-Seeland uitgedraf het. Hy praat ook oor die omstrede rooi kaart wat Bismarck du Plessis in dié veelbesproke toets gekry het vir ’n klipharde duikslag op Dan Carter. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport | |||
© My Podcast Data · Independent project · Data from Apple & Spotify