Explore every episode of the podcast Nuuspod
| Title | Pub. Date | Duration | |
|---|---|---|---|
| Is Suid-Afrika 'n mislukte staat? | 26 Sep 2020 | 00:37:39 | |
Nuuspod wil by Pieter Mulder, Dawie Roodt en Leon Wessels weet of SA 'n mislukte staat is | |||
| In gesprek met Patricia de Lille | 26 Sep 2020 | 00:21:45 | |
Nuuspod praat met Patricia de Lille oor bewerings van korrupsie en bedrog | |||
| Die DA is g'n rassisties nie | 10 Sep 2020 | 00:14:57 | |
Nuuspod praat met Tim du Plessis oor die toekoms van die DA | |||
| Wie is Ace Magashule? | 03 Sep 2020 | 00:40:26 | |
Die skrywer van die boek Gangster State, Pieter-Louis Myburgh, gee agtergrondinligting oor die man wat met van die grootste korrupsie in die land verbind word. | |||
| Sal die ANC skeur? | 29 Aug 2020 | 00:27:22 | |
Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule voor die integriteitskomitee verskyn. Die president, wat volgens alle aanduidings ‘n beleërde man op die oomblik is, het die noodwendige reaksie vanuit die party met sy brief ontlok. Eers het Tony Yengeni hom sommer blatant gevra om self opsy te staan, soos wat hy ander partylede aanbeveel het. En oudpresident Jacob Zuma het in ’n brief aan Ramaphosa skerp te velde getrek teen wat hy gesê het. Volgens Zuma plaas dit die party in ’n onhoudbare situasie. Daar is selfs sprake van ’n skeuring te midde van die gebeure. Om te hoor of dit so is, praat Nuuspod nou met die politieke ontleder Roland Henwood aan die Unviersiteit van Pretoria. | |||
| Net 'n bietjie privaatheid vir my dogtertjie: Die drome van backyard dweller | 26 Aug 2020 | 00:15:47 | |
Die Wes-Kaap word deur talle mense voorgehou as ’n paradys met ’n heelwat beter infrastruktuur as die ander provinsies in Suid-Afrika. ’n Mens sien dit oombliklik raak as jy ’n Wes-Kaapse dorp binnery. Skoon strate, strate sonder slaggate, netjiese dorpe. Maar die provinsie het ook sy kopsere. Een daarvan is werkloosheid en ’n tekort aan behuising. Die gevolg is onwettige grondbesettings en ander vorme van onwettige behuising. Beloftes van behuising deur die staat realiseer ook nou al jare lank nie. Mense sonder heenkome word dus net meer en die armoede al hoe groter. Nuuspod het Cloetesville in Stellenbosch besoek om self te sien hoe erg die probleem is en die verslag saamgestel.
| |||
| Die ANC wankel, maar Cyril is sterker as wat baie dink - in gesprek met prof Dirk Kotzé | 25 Aug 2020 | 00:32:17 | |
As ’n mens uitsprake op sosiale media asook berigte in die hoofstroom-media moet glo, is die ANC in die moeilikheid na die party se swak hantering van Covid19. Om alles te kroon word bedrog en korrupsie met hulpfondse bykans daagliks blootgelê. Dit het daartoe gelei dat Twittergebruikers die hashtag VoetsekANC begin versprei het. Suid-Afrikaners is ook verontwaardig oor die gebrek van optrede deur president Cyril Ramaphosa. Nuuspod het in die lig hiervan aan prof. Dirk Kotze, politieke ontleder aan Unisa, gevra of die party probleme het. | |||
| Die Wes-Kaap is net 'n paradys vir die wat ryk en/wit is - 'n gesprek oor ongelykhede en armoede met Quinton Adams | 23 Aug 2020 | 00:40:12 | |
Daar heers 'n vuurwarm debat oor die afstigting van die Wes-Kaap. Die redes wat aangevoer word is beter infrastruktuur en dienslewering. Op die wyse word die Wes-Kaap voorgehou as 'n paradys teenoor die res van die land. En dit lyk inderdaad soos 'n ander wêreld in Wes-Kaapse dorpe. Maar net tot jy dieper begin krap. Arm woonbuurte lyk nie soos ander woonbuurte in die Kaap nie. Inteendeel, hier heers dieselfde soort verval, slaggate, strate wat riviere van riool is, huise wat oorstroom word deur riool. Dit laat sommige mense meen die Wes-Kaap bestaan uit enklawes wat net vir ryk mense en wit mense beskore is. Nuuspod het aan die sielkundige Quinton Adams, bekend as The Shack Builder, gevra hoe groot en wyd die probleem van armoede in die Wes-Kaap strek. Dit is die eerste in 'n reeks gesprekke wat Nuuspod oor die onderwerp gaan voer. As jy die rou werklikheid van armoede in die Wes-Kaap so bietjie beter wil verstaan, moet jy die onderhoud luister. | |||
| Nou gaan die twak eers spat! | 20 Aug 2020 | 00:44:02 | |
Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan Nuuspod gesê die verbod het ’n reeds wankelende stryd teen smokkelhandel verder verdiep, met nuwe rolspelers wat tot die kryt toegetree het.
| |||
| CapeXit is 'n poep teen die Suidooster | 17 Aug 2020 | 00:09:06 | |
In die tweede deel van ons gesprek oor CapeXit, praat Nuuspod met die grondwetkenner prof Pierre de Vos oor die vraag of afstigting van die Wes-Kaap moontlik is. | |||
| So kan CapeXit n werklikheid word | 16 Aug 2020 | 00:22:13 | |
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus sê Winde se stelling wys waar die DA hom in die debat plaas en dat kiesers die party by die stembus hieroor sal straf. Nuuspod het aan Mulder gevra hoekom hy die idee van afstigting voorstaan. | |||
| Cyril het nie genoeg guts om homself te red nie | 13 Aug 2020 | 00:22:32 | |
Die skrywer en politieke kommentator Ismail Lagardien skryf in Daily Maverick dat die moontlikheid om president Cyril Ramaphosa te herroep, nie net wensdenkery is nie. Hy sê die ANC se geskiedenis dui daarop dat dit ’n werklikheid kan word. Volgens die artikel kan ’n groep in die ANC wat Radikale Ekonomiese Transformasie voorstaan, selfs met die EFF saamwerk om van Ramaphosa ontslae te raak. Die politieke ontleder prof. André Duvenhage, het drie maande gelede iets soortgelyk gesê, maar sy ontleding is nie positief ontvang nie. Nuuspod het in die lig van Lagardien se artikel met Duvenhage gepraat en aan hom gevra hoe sake in die ANC staan en wat president Cyril Ramaphosa se posisie in die party is.
| |||
| Die sielkundige impak van korrupsie - in gesprek met prof Erwin Schwella | 11 Aug 2020 | 00:20:18 | |
In die derde deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met prof Erwin Schwella oor die sielkundige impak van korrupsie op individue en die groter samelewing, | |||
| Volk Jou Ook 19 | 08 Aug 2020 | 02:05:01 | |
Volk Jou Ook vat n breek tot 3 Oktober | |||
| Die praktyk van korrupsie - in gesprek met oudbrigadier Stef Grobler | 07 Aug 2020 | 00:32:20 | |
In die tweede deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met oudbrigadier Stef Grobler, voormalige hoof van die polisie se teenkorrupsie-eenheid. | |||
| Die siel van korrupsie - In gesprek met prof Piet Naudé | 06 Aug 2020 | 00:24:58 | |
Gewone Suid-Afrikaners sit met hul hande in die hare oor korrupsie wat elke dag deur die media ontbloot en voorgesit word. Talle voel die land is klaar oor die afgrond. Maar hoe werk korrupsie? Nuuspod het met die hoof van Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, prof Piet Naudé hieroor gepraat. | |||
| Nuusbril 2 Augustus 2020 met Marlene van Staden, Juaneé Cilliers en Liela Groenwald | 02 Aug 2020 | 00:44:05 | |
Maatskaplike toelaes, korrupsie, die jagverbod, wapenlisensies, natuurverskynsels en skole is op die spyskaar vir Nuusbril se paneel kundiges. Prof Juaneé Cilliers, Marlene van Staden en dr Liela Groenewald is die gaste. | |||
| Barnard Beukman: So lyk nuwe toekoms vir nuusmedia | 02 Aug 2020 | 00:27:06 | |
Die redakteur van Beeld, Barnard Beukman, het aan Nuuspod verduidelik hoe die toekoms van nuusmedia lyk in die lig van talle publikasies se sluiting. | |||
| Facebook trek vermeende plaasaanvaller en moordenaar na ses jaar vas. | 31 Jul 2020 | 00:06:03 | |
’n Voortvlugtende plaasaanvaller en vermeende moordenaar is vasgetrek, ses jaar na die moord van Christine Robinson naby Thabazimbi. Dit volg na ’n suksesvolle FB-veldtog om die Zimbabwiër wat vir jare vrylik in en uit SA beweeg het, vas te trek. Die onafhanklike gemeenskapsveiligheidskenner Ian Cameron het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
| |||
| In gesprek met John Steenhuisen | 28 Jul 2020 | 00:29:45 | |
Die DA het sy nasionale kongres as 'n aanlyn kongres vir 31 Oktober geskeduleer. Nuuspod het in die lig hiervan met die leier van die party, John Steenhuisen gepraat en aan hom gevra hoe so 'n kongres sal werk. Hy laat hom ook uit oor Helen Zille, plaasaanvalle, BLM en die ANC se swak hantering van Covid19
| |||
| Winkelwerknemer verjaag vrou omdat sy Covid19 gehad het | 27 Jul 2020 | 00:06:54 | |
Toe Cindy Kruger (’n skuilnaam) van Alberton ’n week of drie gelede negatief getoets het na haar stryd met Covid19, het sy gedink sy is gesond. Wat sy inderdaad was, maar sy moes vinnig uitvind dat mense se persepsie oor die virus nie noodwendig ooreenstem met die feite nie. Sy is op Vrydag 24 Jullie gevra om die Spar in Brackenhurst, Alberton te verlaat omdat sy klante ongemaklik maak. Sy het aan Nuuspod vertel wat met haar gebeur het.
| |||
| Pastoor vertel hoe Joost se broer kerkaanval fnuik | 26 Jul 2020 | 00:05:29 | |
'n Groep gewapende mans het vanoggend probeer om 'n kerk in Centurion te beroof. Pastoor Kobus Erasmus wat die diens gelei het, vertel wat gebeur het.
| |||
| Nuusbril 26 Julie met Jody Hendricks en Christo van der Rheede | 26 Jul 2020 | 00:44:27 | |
In die uitgawe van Nuusbril bespreek Christo van der Rheede en Jody Hendricks BLM, Plaasaanvalle, korrupsie, die sluiting van skole. | |||
| Oom Andries (82) speel bekfluitjie na Covid19 | 22 Jul 2020 | 00:12:39 | |
Die 82-jarige oom Andries Truter van Huis Mostertshoek op Wolseley in die Wes-Kaap, is die week genees van Covid19. Hy word beskryf as die bejaardetehuis se eerste oorwinnaar van die siekte. Nuuspod het met hom en sy versorger Karin Lintvelt Klopper gepraat. Luister tot die einde om te hoor hoe oom Andries uit pure dankbaarheid bekfluitjie speel. | |||
| Skaapskandeerder wys onvrugbare boervrou is swanger | 22 Jul 2020 | 00:11:30 | |
Marlize Burger van die plaas Eureka tussen Wepener en Hobhouse was vir jare lank onvrugbaar. Net toe hulle hoop verloor het op die moontlikheid dat sy swanger kan raak, toe kry sy die grootste verrassing van haar lewe deur middel van 'n skaapskandeerder. Nuuspod het aan haar gevra wat gebeur het. | |||
| Volk Jou Ook 16 | 18 Jul 2020 | 02:07:31 | |
In n bejaarde oomblik het ek hierdie week my hand gebreek of erg verstuit. Ek het begin met Volk Jou Ook 16 maar na 4 songs was dit bietjie erg vir die rekenaar werk. Ek het daarna toe maar die heel Eerste Volk Jou Ook van 16 weke gelede opgelaai wat nog nie voorheen op Nuuspod beskikbaar was nie. Ons gedenk vandag wat Piet Botha se verjaardag sou wees. Daar is ook n lekker onderhoud met Anton Goosen wat aansluit by die vrystelling van sy biografie laas week saam met Hanlie Retief. | |||
| Anton Goosen oor dood, geloof en liefde. | 17 Jul 2020 | 00:28:16 | |
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief. Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad. Nuuspod het 'n paar persoonlike vrae aan Anton gestel. | |||
| Koes vir misdaadkurwe se piek! | 13 Jul 2020 | 00:17:56 | |
'n Vlaag van geweldsmisdade teister Suid-Afrikaners die laaste tyd landwyd. Nuuspod het aan prof Rudolph Zinn van Unisa gevra of dit erger gaan raak en waarom daar soveel geweld by die jongste voorvalle betrokke is. | |||
| Steun plaasaanvalle, dan steun ek BLM, sê Boeta Dippenaar aan Lungi Ngidi | 10 Jul 2020 | 00:08:02 | |
Die oud-Proteakrieketspeler Boeta Dippenaar sê om BLM of enige ander kwessie met die nasionale te span te vereenselwig is ‘’n gevaarlike tendens. Dippenaar en ander oudspelers soos Rudi Steyn en Pat Symcox het hulle op sosiale media uitgelaat nadat die naatbouler Lungi Ngidi vandeesweek gesê het hy glo BLM-gesprekke sal in die Protea-kamp gevoer word. Die oudspelers sê boere moet ook ondersteuning kry en dat dit lyk of Ngidi sy standpunt op die span afdwing. Nuuspod het aan Dippenaar gevra hoe hy oor die saak dink. | |||
| Gauteng se 1,5 miljoen grafte is korrupsie, sê begrafnisondernemers | 09 Jul 2020 | 00:09:11 | |
’n Sweer van grootskaalse bedrog landwyd in die begrafnisbedryf is moontlik die teelaarde van 1,5 miljoen grafte wat in Gauteng gegrawe word. Dit is die mening van Johan Rousseau, die hoof van die sambreelliggaam vir onafhanklike begrafnisondernemers, Fira. Nuuspod het aan Rousseau gevra of soveel grafte regtig nodig is. | |||
| Liedjie gedenk driejarige plaasmoordslagoffer Willemientjie | 08 Jul 2020 | 00:06:11 | |
In Desember 2010 het ses plaasaanvallers die driejarige Willemientjie Potgieter en haar ma Wilna koelbloedig op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat doodgeskiet. Willemientjie se pa Attie is wreedaardig met ’n tuinvurk vermoor. Vandag is Willemientjie een van die simbole van wat genoem word ’n aanslag op boere. Die sanger Piet Plagiaat het ’n liedjie ter nagedagtenis aan Willemientjie geskryf en Nuuspod speel dit te midde van ’n nuwe vlaag aanvalle op boere in die laaste tyd. | |||
| Bendegeweld eis kinderlewens op Kaapse Vlakte | 06 Jul 2020 | 00:08:23 | |
Kinders is die slagoffers van ’n hernieude vlaag van bendegeweld op die Kaapse Vlakte. In een van die jongste voorvalle is ’n sewentienjarige seun dood na hy en ’n vriend in kruisvuur tussen twee bendes beland het. Nathaniel Abrahams van Bonteheuwel is dood weens skietwonde aan sy kop. Volgens berigte is ’n elfjarige seun gewond tydens ’n soortgelyke voorval in Manenberg. Ander voorvalle is ook in Leonsdale en ander dele van die Kaapse Vlakte aangemeld. Nuuspod het met die DA wykraadslid, Angus McKenzie hieroor gepraat. Fotokrediet: Wanted in Africa | |||
| Nog 'n vrou sterf weens plaasaanval | 06 Jul 2020 | 00:04:34 | |
'n Vrou (44) van Grootvlei in Gauteng is dood en haar man wreed aangerand tydens 'n plaasaanval op Grootvlei in Gauteng. Hulle bejaarde moeder is ook tydens die aanval beseer. Marius Muller van Afriforum het aan Nuuspod vertel wat gebeur het. | |||
| Swanger vrou wreed tydens plaasaanval op Weenen vermoor. | 05 Jul 2020 | 00:03:44 | |
'n Swanger vrou is tydens 'n plaasaanval op Weenen in die vroeë oggendure van 5 Julie vermoor. Annette Steyn van die DA vertel wat het gebeur. | |||
| Honderde olifante in Botswana vrek onverklaarbaar | 03 Jul 2020 | 00:08:24 | |
Die Britse liefdadigheidsorganisasie National Park Rescue sê hulle het sowat 350 olifantkarkasse van die begin van Mei af in die Okavango Delta in Botswana opgespoor. Volgens dr Niall McCann van die organisasie is die vrektes in Seronga onverklaarbaar. Intussen het die regering van Botswana ‘n verklaring uitgereik om te sê die getal is eintlik sowat 100 vrektes minder en dat hulle monsters van die karkasse geneem het om ondersoek in te stel na die vrektes. Meer as dit wil die regering nie bekendmaak nie. Nuuspod het aan André Botha van die Bedreigde Wildlewetrust gevra of hy iets meer weet | |||
| Diabeet vertel hoe hy Covid19 oorwin | 03 Jul 2020 | 00:12:12 | |
Frans Pretorius, 'n diabeet van Roodepoort in Gauteng, is die week uit die hospitaal ontslaan na hy Covid19 opgedoen het. Nuuspod het aan hom gevra hoe hy nou voel.
| |||
| #WhiteJesusmustfall | 30 Jun 2020 | 00:26:39 | |
Standbeelde van Jesus as ‘n wit man is ‘n vorm van wit meerderwaardigheid. Dit is die mening van die Amerikaanse Black Lives Matter aktivis Shaun King. King wil hê die standbeelde moet soos ander standbeelde wat met slawerny en rassisme verbind word, moet ook vernietig of verwyder word. King het die uitlatings op verskeie twiets oor geskiedkundige monumente gemaak. Die monumente is op die oomblik die fokuspunt van talle Amerikaners se toorn oor rassisme in Amerika wat vlam gevat het na die dood van George Floyd. King het die twiets opgevolg met ‘n verklaring dat Jesus ‘n leuen is wat aangewend word om Christenskap as ‘n voertuig van onderdrukking te vestig. Nuuspod het aan die professor Reggie Nel, dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, gevra wat hy van King se uitlatings dink. | |||
| Boer praat na wrede plaasaanval | 29 Jun 2020 | 00:10:24 | |
Wimpie du Toit, die boer van Petrusburg wat die afgelope naweek wreed aangeval is, sê die meeste mense is eintlik goed Hy het aan Nuuspod vertel dat hy nog steeds hoop het vir die land,
| |||
| Plaasaanvalle ontplof, maar boere slaan terug | 29 Jun 2020 | 00:07:19 | |
Plaasaanvalle het die afgelope drie weke ontplof, en die ergste lê nog voor. Nuuspod het met Ian Cameron van Afriforum, Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus en Annette Steyn van die DA hieroor gepraat.
| |||
| Boer vertel hoe hy plaasaanvallers in sy adamspak laat les opsê | 29 Jun 2020 | 00:05:26 | |
David Osborne, 'n boer van Percy Fyfe naby Polokwane het die afgelope naweek plaasaanvallers laat les opsê. Hy het aan Nuuspod vertel hoe hy dit gedoen het | |||
| Nuusbril 28 Junie met Marlene van Staden, Michael le Cordeur en Willie Spies | 28 Jun 2020 | 00:34:24 | |
Plaasaanvalle, bendegeweld op die Kaapse Vlakte, die rookverbod, Leon Schuster en Helen Zille is van die sake wat deur vandeesweek se paneel bespreek word.
| |||
| Wrede plaasaanval ruk Petrusburg | 27 Jun 2020 | 00:11:58 | |
Frans du Toit vertel aan Nuuspod hoe sy ma en broer wreed aangeval is.
| |||
| Volk Jou Ook 13 | 27 Jun 2020 | 01:01:28 | |
Volk Jou Ook het nou 'n permanente tuiste gekry op Nuuspod. Dit sal elke Saterdag verskyn met goeie Suid Afrikaanse en veral Afrikaanse musiek en Eckard Potgieter se opinie oor nuusgebeure van die afgelope week. Hierdie week se program is so net oor n uur lank maar van volgende week af sal dit die volle 2 ure duur. | |||
| Begrafnisondernemers hanteer minder begrafnisse as verlede jaar, sê Fira | 26 Jun 2020 | 00:11:04 | |
Die verteenwoordigende begrafnisorganisasie Fira sê daar is minder sterftes as verlede jaar die tyd ten spyte van Covid19. Johan Rousseau praat met Nuuspod.
| |||
| Leon Schuster: Ek is nie 'n rassis nie | 22 Jun 2020 | 00:14:19 | |
Showmax se onttrekking van Leon Schuster se flieks, onder druk van die #BlackLivesMatter beweging, het die fliekwêreld geskud. Schuster vertel in 'n openhartige onderhoud met Nuuspod hoe hy hieroor voel. | |||
| Losing Lerato wen internasionaal | 21 Jun 2020 | 00:03:45 | |
Die fliek Losing Lerato se draaiboek is tydens die Ramsgate Internasionale Filmfees bekroon as beste draaiboek. Nuuspod het die draaiboekskrywer Ricardo Arendse gevra om kommentaar te lewer op die groot toekenning.
| |||
| Nuusbril Episode 6 - 21 Junie. Met Waldimar Pelser, André Duvenhage, Carina Diedericks-Hugo. | 21 Jun 2020 | 00:39:23 | |
Deksametasoon, vroue en kinders, die verloop van Covid19 in SA, VBS Bank, plaasaanvalle en Donald Trump is van die kwessies wat in vandeesweek se program onder die loep kom.
| |||
| Infeksiespesialis: So kan deksametasoon Covid-19 pasiënte help | 17 Jun 2020 | 00:08:41 | |
Die infeksiespesialis dr Jantjie Taljaard van Tygerberg Hospitaal is versigtig optimisties oor deksametasoon wat kan help om Covid-19 pasiënte te genees. Nuuspod het met hom gepraat. | |||
| Die Nies deur Piet Plagiaat | 17 Jun 2020 | 00:00:59 | |
Piet Plagiaat gooi sy kennersoog oor van die week se nuusgebeure.
| |||
| JustJody maak sy verjaardag 'n fees vir minderbevoorregtes | 15 Jun 2020 | 00:02:13 | |
Die radioman Jody Hendricks verjaar op 22 Junie. In pleks can geskenke, soek hy bydraes vir minderbevoorregtes.
| |||