Explorez tous les épisodes du podcast Raakvat Rugby!
| Titre | Date | Durée | |
|---|---|---|---|
| Episode 10: Is die kies van Sacha die begin van die einde vir die ouer Springbokke? Wat is Rassie se planne? | 08 Aug 2024 | 00:42:52 | |
Rassie het verras met die dapper keuse van Sacha Feinberg-Mngomezulu op losskakel, en dit in 'n belangrike wedstryd teen 'n moeilike Australiese span. Alhoewel Handré Pollard op die bank ingesluit is, kan mens nie help om te wonder hoe die pad vorentoe vir die ouer Springbokke lyk nie,
MW en Simon gesels ook oor die nuwe reëls en of die Springbokke hierdie Kampioenska ten alle koste moet wen.
| |||
| Episode 9: Rassie se nuutste eksperiment om Duane te vervang. Is Elrigh Louw 'n beter opsies as Evan Roos? | 05 Aug 2024 | 00:43:13 | |
MW en Simon gesels oor net mooi alles - van skolerugby tot Curriebeker tot sewes tot die Springbokke! | |||
| Raakvat Rugby Omnibus: Episode 1 | 21 May 2024 | 01:20:01 | |
ns doen dinge ‘n bietjie anders van nou af! In plaas van verskillende videos vir elke span, het ons al die gesprekke in een video gekombineer, en jy kan nou na die Bulls, die Lions en die Stormers se besprekings kyk in een video, en dan gesels ons ook sommer oor die SA Cup ook! Jy kan ook vooruit spring en na jou gunsteling span se bespreking gaan kyk – jy hoef nie na alles te kyk nie! Binnekort gaan ons die Sharks ook intrek, so lekker baie om na uit te sien! | |||
| S2E1: Het skeidsregterblapse die Lions 'n oorwinning gekos? | 30 Jan 2024 | 00:32:23 | |
Die Lions het so byna-byna laasjaar se oorwinning teen die Bulls op Loftus herhaal, maar 'n paar foute deur die skeidsregter het Lions-ondersteuners na hul vlugsout laat gryp. Ons het die wedstryd bespreek met Simon Riekert en Toeks Kotzé, en 'n paar interessante dinge wysgeword. Ons kyk ook na die res van die URC seisoen, wat nou presies halfpad is en bespreek oor die probleme rondom Emirates Airlines Park. | |||
| S1E22: Rugby: Hoe ons dink die Wêreldbeker gaan uitspeel! | 06 Sep 2023 | 00:20:40 | |
Die Wêreldbeker begin hierdie week en die opgewondenheid neem toe! Ons gesels bietjie oor die vier groepe en wie ons dink kan elkeen wen. Ons voorspel dan ook die vier kwarteindrondtes, die halfeindrondtes en waag natuurlik ons groot voorspelling: Wie in die eindstryd gaan speel! Luister saam en laat weet wat jy dink! | |||
| S1E21: Kan die Bokke sonder die Jacques en Rassie breintrust? | 03 Sep 2023 | 00:24:04 | |
Ons almal weet Jacques Nienaber is is pad Ierland toe na die Wêreldbeker, en almal verwag dat Rassie nog 'n paar jaar gaan bly en oorneem as afrigter. Maar die twee was nog altyd 'n gedugte kombinasie, en ons vra die vraag of die verlies van hierdie saamspan, die Bokke negatief gaan beïnvloed. Ons wonder ook oor wat kan gebeur as Rassie besluit om die pad te vat Ierland toe, en kyk na die kandidate wat in die ry staan. | |||
| S1E20: Dis net suur druiwe, Jeff Wilson! | 03 Sep 2023 | 00:17:48 | |
Die All Blacks weet nie hom om te verloor nie! Dis baie duidelik gemaak nadat die Bokke hulle met 'n rekordtelling twee weke voor die Wêreldbeker afgeransel het, en Nieu-Seelandse kommentators na enige strooihalmpie begin gryp het om dit te verklaar. Rassie en Jacques het met innoverende denke ook al weer die rugbywêreld aan die gons, net soos in 2019. Daar is ook groot gewag gemaak van die Bokke se 7-1 plaasvervangersbank, en stemme het opgegaan om dit te verban. Ons hier by Raakvat Rugby het besluit om ons mening hieroor hard en duidelik te stel, en ons draai nie doekies om nie! | |||
| S1E19: Wat op aarde het met die All Blacks gebeur?! | 03 Sep 2023 | 00:33:34 | |
Ons kyk terug na die laaste opwarmingswedstryde vir die Wêreldbeker wat die naweek plaasgevind het. Natuurlik was die groot storie die Bokke wat die All Blacks op verrassende wyse van die veld af gespeel het, maar daar was onmiddelik 'n hele paar stemme wat opgegaan het dat die All Blacks nie hulle bes probeer het nie, en dat die Bokke nie rerig so goed was as wat ons gemeen het nie. Ons gesels hieroor, oor die skeidsregter en die All Blacks se rooi kaart probleem. Ons kyk ook na die ander wedstryde die naweek, en veral die kragmeting tussen Skotland en Georgië omdat die Bokke eerste teen Skotland gaan opdraf. | |||
| S1E18: Hierdie is geen vriendskaplike wedstryd nie! | 03 Sep 2023 | 00:31:33 | |
In ons naweek voorskou, gesels oor die wedstryd teen die All Blacks, en vra die vraag hoekom ons nou juis 'n opwarmingswedstryd moet speel teen ons aartsvyande twee weke voor die Wêreldbeker. Ons bespreek die belangrikste rolspelers en gee soos gewoonlik ons voorspelling van die telling. Ons kyk ook vlugtig na die ander wedstryde wat die naweek gespeel gaan word. Onthou ons gaan die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op ons kanaal stroom. Kyk uit vir die skakel! | |||
| S1E17 Kan ons die Wêreldbeker aanpak sonder 'n betroubare skopper? | 21 Aug 2023 | 00:31:01 | |
Ons kyk soos gewoonlik terug na die naweek se wedstryde en bespreek veral die Springbokke se vertoning. 'n Paar spelers het hulle hande hoog in die lug opgesteek, maar Manie Libbok het nog steeds 'n klomp vraagtekens rondom sy skopwerk. Is hy die antwoord vir die Bokke, of is dit tyd om Pollard op 'n manier in die groep te kry? Ons kyk ook na die Iere teen die Engelse, asook hoe Frankryk teen Fiji gevaar het. | |||
| S1E16 Druk ons Siya te gou? | 21 Aug 2023 | 00:30:15 | |
Die tyd vir eksperimente is amper verby, en die naweek se wedstryd teen Wallis is een van die heel laaste kanse om 'n paar dinge te probeer. Siya Kolisi het wonderbaarlik binne 109 dae herstel van 'n besering wat tipies tussen 6 en 9 maande vat, en hy kry Saterdag kans om sy staal te wys. Is dit te gou, of is dit deel van Jacques Nienaber se plan om sy spelers "battle-hardened" te kry? Ons kyk na die Wallis / Suid Afrika wedstryd, waag ons gebruiklike voorspellings en kyk ook na die Franse, Iere en Engelse. Daar is ook 'n paar ander nuusbrokkies waarna ons vlugtig kyk. Luister gerus en laat hoor van jou! | |||
| S1E15 Die Owen Farrell klug is 'n skreiende skande! Hier is wat ons dink daaroor | 17 Aug 2023 | 00:18:12 | |
Owen Farrell het dit alweer reggekry. Die Houdini van rugby het weereens daarin geslaag om weg te kom van 'n blatante oortreding met niks meer as 'n raps oor die kneukels nie. Ons hier by Raakvat Rugby het besluit om ons mening hieroor hard en duidelik te stel, en ons draai nie doekies om nie!
Luister gerus en laat hoor van jou!
| |||
| Episode 8: Rassie, kry tog nou net vir Manie Libbok 'n skopafrigter asseblief! Vir die Springbokke se onthalwe! | 05 Aug 2024 | 00:36:05 | |
'n Paar Bokke het hulle hande hoog opgesteek in die toets teen Portugal en 'n paar het nou nie juis die wêreld aan die brand gespeel nie. André se duikslag is ook weer 'n ander storie en Manie het alweer misgeskop! Dan het Rassie vir 'n paar verrassings gesorg met die Springbokgroep vir die Australiese toetse. MW en Simon gesels oor die toets teen Portugal en kyk ook na die groep wat Australië toe aan! | |||
| S1E14 Was Farrell 'n Springbok, was sy Wêreldbeker verby! | 16 Aug 2023 | 00:17:02 | |
Die groot gegons die naweek was nie oor die rugby nie, maar oor Owen Farrell wat kort voor die Wêreldbeker 'n rooi kaart gekry het. Hy het reeds jare 'n reputasie vir sy skouerlope (ons onthou nog die Andre Esterhuizen sage) en hy behoort na regte 'n groot gedeelte van die Wêreldbeker te mis. Die vraag is egter nou of Wêreldrugby konsekwent gaan wees en hom skors soos dit hoort, en of hulle weereens met 'n truuk of twee vorendag gaan kom om seker te maak hy mis nie die toernooi nie. Ons gesels hieroor en ook oor die naweek se uitslae en die wilde beweringe rondom Handre Pollard en die ander beseerde Springbokke. | |||
| S1E13 Wat is die storie met die weglatings?! | 13 Aug 2023 | 00:27:13 | |
Ons het 'n dag of twee gewag vir die stof om te gaan lê voor ons die Bokgroep bespreek het. Ons gesels lekker oor die groot geleentheid toe die groep aangekondig is, oor Lood se skielike siekte en dan gee ons ons menings oor die groep en wat ons dink agter die skerms aan die gang is. Luister gerus en laat hoor van jou! | |||
| S1E12 Ons het 'n paar onkonvensionele voorspelerkeuses gemaak! | 13 Aug 2023 | 00:11:11 | |
Ons voorspelerkeuses is effens kontroversieël, maar ons glo ons keuses sal die Bokke kan help om die beker suksesvol te verdedig. Die groot vraag na ons mening is wie van Franco Mostert of Jean-Luc du Preez die jawoord moet kry. Kyk wat ons dink hieroor en watter ander idees ons het. Ons hoor graag wat julle dink van ons keuses, waar ons raakvat en waar ons mistas, maar ons dink hierdie is 'n goeie, gebalanseerde span. Moenie dit misloop nie! | |||
| S1E11 Hier is dit nou! Ons keuses vir die agterspelers vir die Wêreldbeker! | 13 Aug 2023 | 00:14:23 | |
Na baie kopkrap, debatteer, foonoproepe, gissings en raaiskote kan ons nou uiteindelik ons keuses vir die agterspelers vir die Springbokgroep wat Wêreldbeker toe gaan vir julle wys! Ons hoor graag war julle dink van ons keuses, waar ons raakvat en waar ons mistas, maar ons dink hierdie is 'n goeie, gebalanseerde span. Moenie dit misloop nie! | |||
| S1E10 Kies my Coach, kies my! | 13 Aug 2023 | 00:14:29 | |
Die Springbokke het bo verwagting goed gevaar teen Argentinië en op die ou end 'n gemaklike oorwinning behaal. Dit nou ten spyte van die laslappie voorkoms van die span en 'n vyandige skare! 'n Hele paar spelers het hulle hande hoop in die lug opgesteek om die afrigters se aandag te trek, met Canan Moodie aan die voorpunt, wat natuurlik vir 'n paar nuwe kopsere gaan sorg!
Ons bespreek hierdie en die ander internasionale opwarmingswedstryde van die afgelope naweek. In ons volgende video kies ons ons groep agterspelers vir die Wêreldbekergroep, en dan later ons voorspelers ook - kyk uit vir dit!
| |||
| S1E9 Gaan die Pumas die Bokke opvreet en uitspoeg? | 13 Aug 2023 | 00:28:15 | |
Argentinië het naelskraaps verloor teen 'n baie goeie Springbokspan laas naweek, en hulle is vasbeslote om hierdie naweek in Buenos Aires die bordjies te verhang! Jacques Nienaber het 'n klomp spelers 'n laaste kans gegee om vir 'n plek in die Wêreldbekergroep te kompeteer, so die span gaan waarskynlik sukkel met kohesie. Gaan die Bokke die Pumas se verwoede aanslag kan afweer? | |||
| S1E8 Was die skeidsregter reg? (of hopeloos verkeerd?) | 03 Aug 2023 | 00:32:00 | |
Ons gesels oor die Bokke se kommerwekkende vertoning teen Argentinië, die hele Grant Williams sage en kyk ook na ons idee van die span hierdie komende naweek. | |||
| S1E7 Ons kyk na Jacques se keuses met die voorspelers vir die toets teen Argentinië! | 29 Jul 2023 | 00:38:03 | |
In die tweede deel van ons Bokspan analise vir die toets teen Argentinië, kyk ons na die voorspelers en hoekom Jacques spesifieke spelers gekies het. Die grootste verrassing was die insluiting van Trevor Nyakane, en ons bespreek dit en al die ander insluitings.
| |||
| S1E6 Hoekom het Jacques hierdie Springbokspan gekies? Ons gesels eerstens oor die agterlyn. | 29 Jul 2023 | 00:32:50 | |
Jacques Nienaber het 'n baie sterk span gekies vir die wedstryd teen Argentinië, maar daar was nogal 'n paar verrassings in. In die eerste deel van ons Bokspan analise, kyk ons na die agterlyn en hoekom Jacques spesifieke spelers gekies het.
| |||
| S1E5 Ons kies ons eie Springbokspan! Stem jy saam? | 25 Jul 2023 | 00:28:25 | |
Die naweek is die laaste rondte van die Rugbykampioenskap. Suid-Afrika speel teen Argentinië en het nog 'n (baie) klein kans om die kampioenskap te wen as Australië 'n haas uit die hoed trek en die All Blacks klop - maar nou ja, dis wensdenkery. Ons bespreek dit en kies 'n span wat ons dink Saterdag teen die Pumas gaan kan uitdraf. Ons kyk ook na ander internasionale wedstryde want alles maak nou saak hier in die pylvak na die Wêreldbeker toe!
| |||
| Episode 7: Waar het dinge skeefgeloop vir die Springbokke? PLUS: Is die nuwe geslag spelers die antwoord? | 24 Jul 2024 | 01:07:40 | |
En daar gaan staan verloor ons toe teen Ierland in die tweede toets! Wat het verkeerd geloop? Wat kan ons anders doen? Is dit tyd vir nuwe bloed?
MW en Simon gesels oor die toetsreeks teen die Iere en kyk ook na die span wat vir die wedstryd teen Portugal gekies!
| |||
| S1E4 Hoekom Skotland ons belangrikste wedstryd gaan wees! | 22 Jul 2023 | 00:21:37 | |
Op die Springbokperskonferensie gister, het arigter Jacques Nienaber oop kaarte gespeel oor wat alles verleerd geloop het teen die All Blacks. Die afrigtingsspan strewe daarna om te alle tye objektief te bly en nie toe te laat dat emosies hulle denke beïnvloed nie, en voorsien dus nie enige drastiese veranderings nie. Hy bespreek die Springbokke se pad na die Wêreldbeker finaal en watter wedstryde in die toernooi werklik saak gaan maak.
Ons bespreek al hierdie en nog wat Simon Riekert by die perskonferensie gehoor het, en of die Springbokke nog op die regte koers vir die Wêreldbeker is.
| |||
| S1E3 Suid-Afrika kry 'n onaangename verrassing! | 22 Jul 2023 | 00:35:45 | |
Die All Blacks het met windmakerspel die wind heeltemal uit 'n oorblufte Springbokspan se seile gehaal, en alhoewel ons teruggeveg het soos altyd, was dit alreeds te laat. Ons gesels met Simon Riekert oor wat nou eintlik verkeerd gegaan het, en ons stel ook 'n moontlike span voor vir die wedstryd teen Argentinië. Ons gesels ook oor skeidsregters en die belaglike straf wat Johnny Sexton, kaptein van Ierland, op die hals gehaal het. Ons praat vlugtig oor die Australië - Argentinië wedstryd en wat dit vir die Bokke kan beteken wanneer ons teen die Pumas speel.
| |||
| S1E2 Gaan skoppe ons die wedstryd kos? | 22 Jul 2023 | 00:36:04 | |
Die spanning loop hoog voor die naweek se wedstryd tussen die All Blacks en die Springbokke. Tegnies het die Springbokke laas in 2017 in Nieu-Seeland verloor en na laas naweek se oortuigende oorwinnings wat beide die Bokke en die All Blacks behaal het, is altwee spanne vol selfvertroue. Daar kan egter net een wenner wees, en die span wat hier met die louere wegstap gaan 'n sielkundige slag slaan voor die Wêreldbeker, so daar is enorme druk op beide spanne. Suid-Afrika het ook nie 'n erkende stelskopper nie en gaan die skopwerk verdeel tussen 'n paar spelers - nie noodwendig nie beste opsie nie!
Ons gesels oor die twee Rugby Kampioenskap wedstryde die naweek en maak ons gebruiklike voorspellings - luister gerus!
| |||
| S1E1 Die Bokke LOOI die Aussies! [en Eddie se woorde boemerang!] | 22 Jul 2023 | 00:33:06 | |
Die Bokke het die Wallabies afgeslag Saterdag maar Eddie Jones se manewales het gedreig om die kollig te steel. Simon gee sy mening oor Eddie se tirade by die perskonferensie, en ons gesels ook oor die wedstryd en wat alles daar gebeur het.
| |||
| Dis 'n titaniese stryd wat wag op Loftus! | 22 Jul 2023 | 00:31:01 | |
Eddie Jones, Jacques Nienaber en Rassie Erasmus is almal bekend as uitgeslape afrigters. Elke aspek word in die fynste detail beplan en wanneer sulke rugbybreine teen mekaar getoets word, kan 'n titaniese stryd verwag word. Australië onder Eddie Jones is 'n relatief onbekende faktor, terwyl die Bokke die voordeel van kohesie het en dat hulle mekaar baie goed ken!
| |||
| Episode 6: Verwag Rassie en Tony Brown te vinnig te veel van die Springbokke? PLUS: Al die naweek se aksie! | 13 Jul 2024 | 01:08:18 | |
Die Springbokke het nou wel vir Ierland geklop met hulle nuwe Tony Brown-wedstrydplan, maar daar is nog baie vrae om te beantwoord. Is die Springbokke fiks genoeg? Wat van die afbreekpunte? Is Kwagga die regte nommer 8? Pas Handré en Faf rerig in die spelpatroon in? Ons bespreek al hierdie en meer in hierdie week se Raakvat Rugby Podcast met Simon Riekert.
Ons kyk ook na al die ander internasionale wedstryde wat die naweek plaasgevind het en ons gesels ook oor wat ons verwag van elke wedstryd eerskomende naweek.
| |||
| Episode 5: Rassie gaan groot met Sacha! Wat is die Springbokplan teen die Iere? PLUS: Al die naweek se aksie! | 08 Jul 2024 | 01:00:38 | |
Springbok afrigter Rassie Erasmus het ‘n paar wenkbroue laat lig, maar niemand kan rerig foutvind met sy span teen Ierland vir die naweek nie. Die beginspan wemel van Wêreldbeker wenners, terwyl die groot verrassing (as mens dit so kan noem) die keuse van Sacha Feinberg Mngomezulu in ‘n 6-2 bank is. Die keuse van twee slotte gee die opsie van ‘n vars vaste vyf en alles dui daarop dat die uitgeslape Springbok afrigter ‘n plan teen die gevaarlike Iere het. MW en Simon gesels oor die Springbokke asook die ander groot toetswedstryde wat die naweek plaasvind. Moenie dit misloop nie! | |||
| Episode 4: Wat het gebeur met Jake White se mediakonferensie? PLUS: Wat ons dink van die Springbokgroep! | 08 Jul 2024 | 00:28:52 | |
Ons is nou al oor die skok van die Bulls wat op Loftus teen Franco Smith se Glasgow Warriors verloor het, maar die tonge klap nog steeds oor Jake White se perskonferensie na die tyd. Ons het bietjie gesels oor wat alles daar aangegaan het. Verder kyk ons ook na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is die verrassings! | |||
| Episode 3: Gaan die Vodacom Bulls Glasgow kan gaffel? En ons gesels oor Rassie se eerste Bokspan van die jaar! | 20 Jun 2024 | 00:56:25 | |
Episode 3: Nou ja toe, die Bulls het almal verras en Leinster in 'n spannende wedstryd geklop, en hierdie naweek moet hulle die uitgeslape Franco Smith se Glasgow Warriors aandurf. MW en Simon kyk na laas naweek se halfeindwedstryde, en gesels oor wat ons hierdie naweek op Loftus kan verwag. Laastens kyk ons na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is die verrassings! | |||
| Episode 2: Gaan die Bulls Leinster looi op Loftus? En ons kies ook ons eerste eie Springbokspan van die jaar! | 17 Jun 2024 | 00:52:41 | |
Die Bulls het maar swaar geleef teen Benetton en die naweek kom Leinster met al hulle sterre Pretoria toe! Kan die Vodacom Bulls amper die hele Ierse nasionale span die loef afsteek? MW en Simon bespreek die Bulls en Leinster se kanse in hierdie spannende uitklopwedstryd. MW en Simon kyk ook na Munster teen Glasgow in die ander halfeindstryd in Ierland. Kan Franco Smith se manne almal verras en die verdedigende kampioene troef? Laastens kyk ons hulle na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek. Ons kies ook ons eerste potensiële Springbokspan vir die jaar uit hierdie groep vir die toets teen Wallis! | |||
| Episode 1: Wat ons verwag van die Bulls en die Stormers in die URC Kwarteindes | 17 Jun 2024 | 00:44:16 | |
Die Bulls het alle verwagtinge oortref en tweede op die VRK punteleer geëindig, terwyl die Stormers bietjie teleurgestel het en in die vyfde plek beland het. Dit beteke die Bulls speel die naweek tuis teen Benetton terwyl die Stormers Glasgow moet reis om Franco Smith se manne daar te gaan aanpak. MW en Simon het gesels oor die VRK toernooi se sukses, gekyk na die Stormers se vertonings en kanse die naweek, en laastens ook oor die Bulls se uitstekende seisoen en kanse in die uitkloprondtes! | |||
| Episode 1: Hendrik Cronjé vertel ons meer oor SA Rugby se ACKERLEY transaksie, die Springbokke en VRK nuus! | 23 Oct 2024 | 00:56:48 | |
Ons wil almal graag meer weet oor SA Rugby se beoogde transaksie met die Ackerley Sport Group! Ons het gesels met Hendrik Cronjé van Rapport en hy vertel ons wat die huidige stand van sake met die transaksie is! Ons gesels ook oor die Springbokgroep vir die November toetse en oor 'n paar spelerskuiwe wat in die nabye toekoms in die URC kan gebeur! | |||