Retour

Explorez tous les épisodes du podcast Klankgolwe: Weg! Stories

Plongez dans la liste complète des épisodes de Klankgolwe: Weg! Stories. Chaque épisode est catalogué accompagné de descriptions détaillées, ce qui facilite la recherche et l'exploration de sujets spécifiques. Suivez tous les épisodes de votre podcast préféré et ne manquez aucun contenu pertinent.

Rows per page:

1–50 of 53

TitreDateDurée
53. Dinge wat jy nié in die bos mis nie. Met Toast Coetzer05 Nov 202600:19:26
Wanneer jy terugkeer stad toe ná 'n lang ruk in die bos, is daar 'n rits dinge wat jy skielik besef jy glad nie gemis het nie.
52. Die Boeddha van bakkie-ry. Met Evan Naudé29 Oct 202600:19:54
Is jy benoud wanneer jy iewers in die veld alleen in jou bakkie ry? Hier is drie stappe tot innerlike vrede wanneer jy met 'n bakkie die boendoes invaar.
51. Waar slaap jy vanaand? Met Toast Coetzer22 Oct 202600:15:12
Op 'n reis uit die Kalahari na Kaapstad tob Toast Coetzer oor die lewe en sy draaie.
50. The Good, The Bad... en die blouaap. Met Evan Naudé15 Oct 202600:17:46
Moenie alles glo wat gesoute wildtuinmense jou vertel nie, want soms sien jy wél iets interessants as jy laat slaap en in jou tent agterbly wanneer die vroegopstaners gaan wild soek.
49. So byna was ek 'n Himba. Met Sophia van Taak08 Oct 202600:18:35
Ons reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras.
48. Wat is cool? Met Toast Coetzer01 Oct 202600:11:11
Dis goed om “cool” te wees, maar nie te cool nie. Maar hoe weet jy wanneer jy cool is? Of te cool? Of nie cool genoeg nie?
47. Om 'n boomhuis te bou. Met Francois Haasbroek05 Apr 202500:14:48
Toe jy nog 'n laaitie was, het jy óf 'n boomhuis gehad óf jy wou een hê. Luister hier hoe jy een bou.
46. As Moeder Natuur haar strip. Met Evan Naudé18 Oct 201900:10:53
In ’n mens se jeug vang jy dinge aan waaroor jy nou lag, maar wat jy nie sommer weer wil beleef nie. Evan Naudé onthou ’n kampvakansie toe Moeder Natuur hom deeglik beproef het.
45. Met 'n Cortina en 'n Gypsey op 'n plaaspad. Met Zigi Ekron02 Oct 201900:11:39
Lank voor die eerste boendoe-karavaan bestaan het, het Zigi Ekron se pa met ’n gewone Gypsey gery waar min 4x4’s dit sou waag.
44. Op die spoor van James Bond. Deur Dana Snyman01 Jul 201900:08:57
Om te reis is nie altyd maklik of lekker nie. Soms is dit spanningsvol – soos wanneer jy skool “bunk” om ’n James Bond-fliek te gaan kyk.
43. 'n Ding wat ruk. Met Evan Naudé19 Jun 201900:09:45
Tussen die manne moet jy darem jou manlikheid kan handhaaf, maar dis makliker gesê as gedaan wanneer jy ’n nuwe vaardigheid moet aanleer. Vir die 4x4-groentjie Evan Naudé was dit ’n ruk-ruk ervaring om sy eerste opleiding agter die rug te kry.
42. Die les van 'n gebore kampeerder. Met Zigi Ekron05 Jun 201900:09:41
’n Mens hoef nie ’n gebore kampeerder te wees nie – jy moet net deeglik kan pak, sê Zigi Ekron.
41. Die nonne in Etosha. Met Sophia van Taak17 Apr 201900:10:38
’n Non bly ’n effens ongewone verskynsel. Dis soms moeilik om te glo dat hulle ook hou van toer en wildkyk, sê Sophia van Taak.
40. Die nag van die snorkes. Met Evan Naudé04 Apr 201900:10:50
’n Nag onder die sterre kan heerlik wees, maar dan moet jy die regte geselskap hê. Of oorpluisies, het Evan Naudé uitgevind.
39. Ken jy die tipe? Met Zigi Ekron20 Mar 201900:10:41
Daar is meer as een soort tipiese kampeerder en as jy mooi kyk sal jy hulle om jou raaksien; dalk selfs op jou eie staanplek, sê Zigi Ekron.
38. Etosha... waar die leeus Afrikaans verstaan. Deur Piet Grobler06 Mar 201900:08:55
Piet Grobler, destyds ’n wildbewaarder in Etosha, beweer hy was op sy dag die wêreld se vinnigste man te perd. Só het hy dit reggekry.
37. 'n Bondige gids vir nie-voëlkykers. Deur Schalk Kotze20 Feb 201900:10:13
Vir voëlkykers is daar nie medisyne nie, sê Schalk Kotzé. Daarom deel hy ’n paar wenke met die oog op ’n gelukkige huwelik.
36. Sweef soos 'n... arend? Met Jaco Kirsten06 Feb 201900:10:56
Jy hoef nie baie geld te hê om aan avontuursport deel te neem nie. Die avontuur wat jy kry, is soms net effens anders as wat jy verwag het.
35. 'Full throttle' op vakansie, Met Sophia van Taak22 Jan 201900:11:04
’n Seevakansie is nie volmaak sonder ’n stukkie vis oor die kole nie. En die kole is nie werklik kole as daar nie ’n paar stories en grappe vertel word nie, glo Sophia van Taak.
34. Van vele vure. Met Toast Coetzer12 Dec 201800:14:28
Almal ken ’n braaivleisvuur, maar wat is ’n staanvuur? Hoe benut jy ’n kookvuur? Wanneer raak ’n braaivuur ’n kuiervuur? Ken jy jou Suid-Afrikaanse vure?
33. Kersfees kom vroeg in die Diep-Karoo. Deur Dana Snyman28 Nov 201800:08:28
Dana Snyman se Datsun Pulsar breek op Oukersaand in die platteland – en hy beleef ’n Kersfees met ’n verskil.
32. Die nag toe ek blind geword het. Met Jaco Kirsten14 Nov 201800:10:43
’n Geel motorfiets, ’n kronkelrige agterpaadjie, ’n stikdonker nag... en jy’t ’n resep vir moeilikheid. En ’n wonderwerk. Jaco Kirsten vertel.
31. Vryheid is 'n fiets. Met Leon-Ben Lamprecht31 Oct 201800:11:31
Min dinge is meer sorgeloos as ’n kind op ’n fiets. Onthou jy nog jou eerste fiets, en die eerste keer toe jy jou hande van die handvatsels gehaal het en uitgeroep het: “Ma, kyk!”
30. Grondpad na 'n gesonde lewe. Met Sophia van Taak17 Oct 201800:10:34
Die wêreld gaan net al hoe doller aanhou tol. Jy moet self besluit: Genoeg is genoeg, ek sal moet afrat vir sielsbehoud. Sulke tye is dit goed om ’n slag ’n grondpad te gaan ry.
29. 'n Tjoppie vir die Tankwa. Deur Gideon Brückner03 Oct 201800:09:48
Wanneer die Tankwa-Karoo roep, moet jy antwoord. En wanneer die hunkering na braai só erg raak dat jy rowwe bergpasse aandurf in jou soeke na ’n tjoppie, moet jy weet: Jy het die skoot hoog deur.
28. 'n Regte kar kort 'n regte naam. Met Jaco Kirsten19 Sep 201800:11:53
Waar’s al die rygoed met die mooi name? Miskien is al die lekker name reeds gevat – en nou moet hulle nuwes “opmaak.”
27. Een aand in 'n bar op die 'Bok. Met Sophia van Taak05 Sep 201800:16:41
Wanneer jy alleen reis, sit jy gewoonlik alleen aan vir ete. Maar dit beteken nie jy gaan ’n tekort aan geselskap hê nie...
26. Toe ek klein was... Met Toast Coetzer22 Aug 201800:12:49
Destyds was die wêreld veel groter en vreemder as vandag. Toast Coetzer onthou sy kleintyd-vakansies.
25. Vliegvoos en vlugvies. Met Jaco Kirsten08 Aug 201800:11:26
Daar is eintlik net twee soorte mense: die wat nog nie op ’n passasiersvliegtuig was nie en diegene wat dié ervaring verpes.
24. 'n Goeie gewoonte. Met Sophia van Taak25 Jul 201800:09:33
Daar’s leeglê en dan is daar stoepsit. Eersgenoemde word gereken as die duiwel se oorkussing. Laasgenoemde, daarenteen, is ’n heilsame tydverdryf.
23. Waar die pad smaller raak. Met Toast Coetzer11 Jul 201800:11:05
Die lewe is te kort om dit binne die mure van ’n stad te slyt. Iewers daar buite – dalk nie so ver as wat jy dink nie – is daar ’n tweespoor-paadjie wat roep... en rustigheid wat wink, glo Toast Coetzer.
22. Ek en my Beetle. Met Toast Coetzer27 Jun 201800:12:49
’n Volkswagen Kewer is ’n unieke kar. En dit verg unieke karaktertrekke om die eienaar van een te wees, sê Toast Coetzer.
21. Waar's die 'kêffie'-hamburger? Met Jaco Kirsten13 Jun 201800:11:35
Die vroeë jare negentig is nie net gekenmerk deur groot politieke veranderings in Suid-Afrika nie. Dit was ook die begin van die einde vir die hamburger soos ons hom geken het, sê Jaco Kirsten.
20. Nog 'n Royal groet. Deur Willemien Brümmer30 May 201800:12:58
Wanneer ’n hotel sy deure sluit, sterf daar iets saam met hom. Willemien Brümmer onthou die Royal Hotel op Ladismith.
19. Slagspreuke vir die winter. Met Sophia van Taak16 May 201800:11:22
Tot daardie dag dat die slim ouens uitvind hoe mense ook kan hiberneer, sal die winter maar altyd ’n beproewing bly. Dis net ’n paar oorlewingsmantras wat ’n mens deur dié seisoen kan dra...
18. Ek tree aan vir 'n potjie verspoeg... Met Toast Coetzer02 May 201800:12:26
Is jy gebore om koedoedrolle te spoeg?
17. Moleste met muskiete. Met Esma Marnewick18 Apr 201800:10:01
Bitter min vakansies verloop sonder ’n konfrontasie met een of ander gogga. Dinge vererger natuurlik as jy – soos die ou mense altyd gesê het – soetbloed het. Esma Marnewick is een van die ongelukkiges.
16. Op pad na intervarsity. Met Jaco Kirsten04 Apr 201800:11:53
’n Epiese reis in Afrika kom nie naby baie van ons se eerste werklike reis nie – intervarsity toe. Jaco Kirsten vertel.
15. Die bus na Dar es Salaam. Met Esma Marnewick21 Mar 201800:12:57
Openbare vervoer is nie die vinnigste of veiligste manier om deur Afrika te reis nie. Maar, sê Esma Marnewick, om die draaivleisvuur bly dit maar van jou beste stories...
14. Die hele wêreld in jou kop. Met Sophia van Taak07 Mar 201800:11:34
As jy klein is, is die wêreld ’n gróót plek. Met die klem op “plek”, want dis mos alles in net één kol – jou tuisdorp, onthou Sophia van Taak.
13. Die verskil tussen 'n flits en 'n 'toorts'? Met Jaco Kirsten21 Feb 201800:11:02
Jy kry groot en klein flitse, floues en sterkes. Maar jy moet ver soek vir ’n ordentlike toorts.
12. Reën. Met Toast Coetzer16 Feb 201800:16:50
Reën is alles. Sonder reën kan die boer niks doen nie. Sonder reën is die aarde dor – die gras vrek en waai weg, bossies word net stokkies in die grond. Sonder reën raak alles erger.
11. Ons (vakansies) is nie almal so nie... Met Esma Marnewick07 Feb 201800:13:07
Tieners wil meestal vakansie hou in kampterreine waar nuwe maats en lifesavers wag. Maar wat as Pa ander planne het?
10. Lank leef beskuit! Met Toast Coetzer24 Jan 201800:14:29
Beskuit is ’n nederige ding. Maar dit het ons almal help grootmaak. Toast Coetzer onthou sy ma (en ander tannies) se beskuit.
9. Toe breek ek Griekeland... Met Pierre Steyn10 Jan 201800:10:26
Die Griekse ekonomie weet tans nie of hy ’n komedie of ’n tragedie is nie... En dis nie die gevolg van ’n lui nasie wat te veel skuld gemaak het nie; dis mý skuld. Ek het hom lank terug al geknak.
8. Die Citi's in my lewe. Met Toast Coetzer27 Dec 201700:11:37
Baie van ons het al ’n Citi Golf bestuur, óf altans was al passasier in een gewees. Erns Grundling vertel sy ervaringe met dié unieke karretjies, so eie aan Suid-Afrika.
7. Jy lol nie met tradisie nie. Met Sophia van Taak13 Dec 201700:12:29
’n Desember-vakansie saam met die familie is baie soos ’n Krismisklapper: Kleintyd het jy groot verwagtinge, maar namate ’n mens ouer word, besef jy die grappies is maar dieselfde en die geskenkie dikwels ’n wit olifant. En as daar met genoeg drif in teenoorgestelde rigtings getrek word... wel, dan kan dinge met ’n hengse knal eindig!
6. Suidwaarts met Saki en Ayumi. Met Toast Coetzer29 Nov 201700:13:24
In Namibië laai Toast Coetzer twee Japannese rylopers in sy kar. En voer hulle biltong en koeksisters...
5. Verloor jou hart op die buurman. Met Pierre Steyn15 Nov 201700:10:53
Het ’n vakansieplek jou al ooit so aangegryp dat jy sommer vir altyd daar wil bly? Ek sal jou goed glo, veral as daai plek Namibië is.
4. Deur Gugs op 'n jakkalsdraffie. Met Erns Grundling20 Oct 201700:11:35
’n Mens se eerste padwedloop is nooit maklik nie. Erns Grundling s’n was op Versoeningsdag – 10 km deur Gugulethu.
© My Podcast Data · Projet indépendant · Données issues d'Apple & Spotify